HEIDELBERG NUUS - Daar word na die 19-jarige Lucrezia Marchané Jansen van Heidelberg gesoek nadat sy gistermiddag, 22 September laas by haar woning om 17:30 gesien was.
Jansen is 'n matriekleerder by Kairos Senior Sekondêre Skool. Volgens sers Imorgene Hendricks is sy in wit All Star-tekkies en 'n swart backpack-sak van die huis af weg. Sy is vermoedelik in die rigting van Swellendam oppad.
Enigiemand met inligting waar sy haar bevind kan Hendricks by 079 893 9930 of sers Greyling by 028 722 1910 dringend skakel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'