Gallery Update Video
GOURITSMOND NUUS EN VIDEO - Lede van Albertinia-polisie, in samewerking met die Langeberg K9 honde-eenheid het Maandag 30 Maart 'n wakende oog oor die uitbetaling van Sassa-toelae op dié dorpie gehou.
Teen 10:30 het ongeveer 50 mense die uitbetalingspunt op die perseel van 'n plaaslike handelaar besoek.
Volgens die polisielede het alles vlot verloop.
Die groep begunstigdes het almal die voorgeskrewe afstand gehandhaaf terwyl hulle in die ry gewag het en het gesigmaskers gedra. Die polisie het handreinigers aan die wagtendes uitgedeel.
Nog foto's: SASSA uitbetalings op Gouritsmond
Lede van die gemeenskap het gesê dat hulle die inperkingsregulasies heeltemal aanvaarbaar vind en bereid is om die noodsaaklike aanpassings te maak sodat hulle hul deel bydra om die verspreiding van die Covid-19-virus te bekamp. "Ons praat maar met die mense wat ons op straat sien en herinner hulle aan die reëls," het 'n lid van die gemeenskap gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: SASSA-uitbetalings op Gouritsmond
'Ons bring jou die nuutste Gouritsmond, Hessequa nuus'