STILBAAI NUUS - As jy graag watersport beoefen en jou Dinsdagmiddae is nie te besig nie, kan belangstellendes in Stilbaai met graagte aan die 5 en 10 km-kanotydtoetse kom deelneem.
Daar is 'n goeie mengsel van oue en jong wat so teen 17:00 saamtrek by die hawehoof (jetty) saamtrek voordat die tydtoetse stiptelik om 17:15 begin.
Hierdie manne en vroue neem die roeiery ernstig op en roei vir die vale vanaf die hawehoof tot by die riviermond en dan terug tot by die boei in die omgewing van die brug en weer tot by die hawehoof.
Daarna braai die klomp.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'