STILBAAI NUUS - 'n Ongewone gesig het motorryers op Hoofweg-Oos begroet toe drie perderuiters Sondag die Goukourivier opgesoek het vir 'n bietjie pret in die water.
Die perde en hulle ruiters het dit natuurlik baie geniet en pragtig gepronk.
Die lekkerte het nie baie lank geduur nie, want hulle moes weer teruggaan stalle toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’