Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die mini Pincher genaamd ‘Gogga’ wat Maandag, 3 Mei vermis geraak het, is veilig terug by sy eienaar.
Gogga is omstreeks 16:25 in D'urbanstraat waar sy eienaar woon, gevang en ontvoer.
‘n Sekuriteitsvideo toon dat dit omtrent vyf minute geduur het.
Die video is aan Riversdal-polisie gewys en hulle kon deur middel van die nommerplate die eienaar van die voertuig opspoor. Gogga is in 'n kwessie van 'n halfuur opgespoor en is terug by sy huis.
Kyk die video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'