HEIDELBERG NUUS - 'n Plaaslike gesin het Vrydagaand, 23 Januarie, al hul besittings in 'n oogwink verloor toe 'n brand hulle houthuis verswelg het.
Altesaam vier mense het alles in die vlammehel verloor.
Karin du Toit (45) en haar drie seuns, onderskeidelik 23, 13 en 11 jaar oud het gelukkig geen fisiese beserings as gevolg van die vlamme of rook opgedoen nie.
Hulle kon betyds die perseel verlaat.
Du Toit noem dat hulle alles wat sy so swaar voor gewerk het, in 'n oogwink verloor het.
"Ons het net die klere wat ons nou aanhet, as bewys van ons swaar verdiende arbeid."
Verder noem Du Toit dat daar gelukkig geen lewensverlies of ernstige beserings was nie.
Daar word 'n dringende beroep gedoen vir enge hulp van watter aard ook al om die gesin van hulp te wees.
Du Toit kan by 074 889 5557 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’