HESSEQUA NUUS - ‘n Vragmotor het vanoggend ongeveer 07:15, sowat 10km buite Heidelberg, rigting Riversdal die pad verlaat en omgeslaan.
Gelukkig was die bestuurder van die vragmotor, wat goedere van Checkers vervoer het, alleen en is nie beseer nie.
Die voertuig is nog nie verwyder nie, maar verkeer word in hierdie stadium nie ontwrig nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'