HESSEQUA NUUS - Geen beheerde brande sal in die brandseisoen, wat op Woensdag 7 November begin het, toegelaat word nie.
Dit beteken dat die munisipaliteit geen brandpermitte gedurende dié tydperk sal uitreik nie.
"Daar sal behoorlike kennis gegee word wanneer die omgewing en situasie veilig is om die brandseisoen af te sluit," sê Marina Griesel, direkteur: korporatiewe bestuur. Die boere word by voorbaat bedank vir begrip en goeie samewerking die afgelope tyd.
"Daar word met vertroue uitgesien na 'n brandvrye feestyd. Waar u reis, wees veilig, versigtig en beplan u rit deur genoegsame rustye. Arriveer eerder laat by u bestemming as glad nie."
Indien enige gras-, veld- of struktuur-brande in die Hessequa-gebied opgemerk word, of persone in 'n ongeluk betrokke is of dit waarneem, kan die munisipaliteit se 24-uur noodnommers by 028 713 2222 of 084 014 1828 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'