MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die Faith Community Church (FCC) het van 27 Febuarie tot 1 Maart aan 'n Jeugherlewing of Youth Revival deelgeneem.
Gemeenskapslede was opgewonde oor die byeenkoms en het baie siele vir Jesus gewerf.
Die geleentheid het in die Melkhoutfontein-gemeenskapsaal en buite Ouma Lena se Huis plaasgevind.
Evangelis Chrizarn Hannie van Kaapstad het die gemeenskap toegespreek. Hy het 'n beroep op ledige jeugdiges gedoen om goeie dinge met hul lewe te doen.
Past. Jonathan Kleinhans en sy vrou, past. Jeneen Kleinhans het die geleentheid aangebied.
Van links: Past. Jonathan Kleinhans en Evangelis Chrizarn Hannie
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'