WITSAND NUUS - Tans heers groot onge-lukkigheid by die Witsand Boot Hengelklub nadat dit bekend geword het 'n voorgenome konsepplan insake die 'Breederivier Estuarium Plan' in die Staatskoerant gepubliseer is en hengel voortaan moontlik sal kortwiek op die Breederivier.
'n Noodvergadering is deur die klub belê op Dinsdag 2 Augustus op Witsand waartydens 'n spesiale komitee verkies is om as verteenwoordigers op te tree en staan bekend as die 'Breede River Stakeholders Association'.
Tina Rowen is die voorsitter en Wihan Wegewarth die onder-voorsitter. Dié komitee sal nou die voorgestelde konsepplan beveg en teenstaan. Hulle sal ook 'n setel op die 'Breede River Estuary Advantage Forum' (BREAF) bekom.
In 'n skywe aan Suid-Kaap Forum noem die hengelklub dat die Breëriviersisteem nog onlangs deur omgewingskundiges as 'pristine' beskryf is.
"Dit is juis die mense wat die rivier vir hengel en ontspanning gebruik wat gesorg het dat hy so is en nie die onlangse aanstelling van bewaringsorganisasies of wette om die aktiwiteite te reguleer nie."
Die probleem volgens hulle is dat die werklike geaffekteerdes nie geken is of word hierin nie.
Dié kusdorpie, geleë op die Breërivier monding het seker dié rykste geskiedenis, waarvan hengel die spil van alle aktiwiteite is.
Hengel is die grootste bydraer, na landbou, tot die ontstaan en bestaan van nie net Witsand self nie, maar ook die omliggende gebiede in Hessequa omdat hulle baatvind by hengelverwante aktiwiteite op Witsand, beide in die see en op die rivier.
• 'n Volledige berig in die verband sal in aanstaande week se uitgawe van Suid-Kaap Forum verskyn sodat die betrokke partye genoeg geleentheid het om kommentaar te lewer. -Redaksie.
IN SHORT
Anglers in the quiet Witsand Hamlet are livid about a proposed concept plan for the Breede River, which may hamper fishing activities on the river.
The Witsand Boat Angling Club called an emergency meeting on Tuesday 2 August. During this meeting a committee was selected to represent the anglers on the Breede River Estuary Advantage Forum' (BREAF) as the Breede River Stakeholders Association, Tina Rowen was elected chairman and Wihan Wegewarth as vice-chairman.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'