Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die veerpyltjiegooier Alexander Faddel, ook bekend as ‘Tarzan’ of Xander, het weereens Springbokkleure in dié sportsoort gekry.
Hy gaan Suid-Afrika gedurende November in Engeland verteenwoordig.
Faddel het nog voor sy sesde verjaardag met die veerpyltjiebord kennis gemaak. Sy ma vertel dat hulle hom met ’n veerpylbord wiskunde geleer het. Vandag is hy net so goed in wiskunde as met die pyltjies.
Suid-Kaap Forum-joernalis San-Marié Cronjé het haar hand op die bord gehou om te kyk of Faddel werklik so goed is as wat beweer word.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa, Karoo nuus'