HESSEQUA NUUS - Die liefhebbers van boeke, teater en musiek word met die puikste werke vanjaar by die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees op Heidelberg bederf.
Soggens nege-uur skop die feesprogram af met 'n boekegesprek – Boeke-brekfis - in die rustige omgewing van die Doornboom-opstal (Fouriehuis).
Die geliefde aktrise en TV-aanbieder Elsabé Daneel gesels met 'n aantal skrywers oor hul jongste boeke. Feesgangers kry die geleentheid om 'n aantal skrywers te ontmoet, terwyl hulle botterbroodjies, tee of koffie geniet.
Saterdagoggend gesels Wium van Zyl oor sy lewe as plattelandse seun van Heidelberg, student, akademikus, reisiger en sy werk as skrywer en literator.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’