SLANGRIVIER NUUS - Nagenoeg 80 senior burgers is Sondag deur Grant Riddles, uitvoerende burgemeester en Andrew Stroebel, speaker, met ’n ‘High Tea’ in die plaaslike gemeenskapsaal bederf.
Riddles het sy dank uitgespreek dat die senior burgers hul middagslapie opgeoffer het om die funksie by te woon.
Hy het benadruk dat hy sedert sy termyn begin het, met die rolstoelprojek as prioriteit begin het om ’n verskil in die lewe van die oues van dae te maak.
Hy het genoem dat hulle as raad graag verandering in die gemeenskap teweeg wil bring. Hy het hulle ook aangemoedig om hul testamente op te stel om onnodige rompslomp na hul afsterwe uit die weg te ruim.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Alex Danster (81) en Piet Michaels (91) is van die oudste inwoners van Slangrivier wat die verrigtinge geniet het.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'