ALBERTINIA NUUSFLITS - Die Vaaltyn-kinders wat in afsonderlike voorvalle kort na mekaar oorlede is, is Saterdag 24 Februarie te ruste gelê.
In die eerste voorval is Jody, 'n graad 1-leerdertjie van Oker Primêr oorlede nadat sy by haar pleegouer, Monica Vaaltyn se huis geval en vermoedelik haar kop teen 'n klip gestamp het.
Jody se jonger boetie, Jeremiah wat by sy biologiese ma in Grassy Park, Kaapstad gewoon het, is Saterdag 17 Februarie daar deur 'n voertuig getref.
Hy het die volgende dag aan sy beserings beswyk.
Honderde begrafnisgangers het opgedaag om van die kleintjies afskeid te neem.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'