HESSEQUA NUUS - Gereelde deelnemers aan die Kasselshoop Farm Run het ’n plan beraam om mense steeds aan die draf te hou en boonop die plaaslike welsynsorganisasie, Badisa, te ondersteun.
Volgens organiseerder Elza Thiart-Botes het hulle koppe bymekaar gesit en die Covid-19 5 km Agterplaasdraffie is gebore.
Dié virtuele byeenkoms eindig Vrydag 30 April. Medaljes is teen betaling van ’n R50 donasie beskikbaar en dit sal so gou moontlik na opheffing van die grendelperiode aan deelnemers besorg of gepos word.
Persone wat belangstel om die byeenkoms en welsynsorganisasie te ondersteun, kan die inligting op www.mystilbaai.co.za onder die Agterplaasdraffie verkry. Dit is ook op Facebook (https://www.facebook.com/events/514823935853302/) of kontak vir Elza by 082 458 8517 (WhatsApp ook).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'