HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het by dr Patrick O'Neill op Albertinia gaan kers opsteek oor wat sy mening is oor die middel Ivermektien, wat klaarblyklik as ‘n geneesmiddel vir Covid-19 gebruik kan word.
Ivermektien word gebruik om wurms en parasiete by diere te bestry en dit is nie vir menslike gebruik in Suid-Afrika goedgekeur nie, hoewel dit tog in baie ander lande wel vir menslike gebruik geregistreer is.
Volgens O’Neill is die Ivermectin molekule nie gevaarlik nie, maar die bewyse of dit vir Covid-19 werk is nog baie min.
Dit is eintlik ook net anekdotiese bewyse en die studies wat wel gewig dra wat sover beskikbaar is, toon nie juis ‘n positiewe uitwerking nie en te min om opgewonde te raak.
Lees meer in Vrydag se Suid-Kaap Forum asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'