Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit hou op vlak 1 van inperking vol met Covid-19 bewusmakingsveldtogte.
Die munisipaliteit se gesondheidsinspekteur vir Riversdal, Haemish Herwels en twee van sy kollegas, Bronwen Moolman en Heidi Cronjé het Saterdag, 14 November voor Riversdal Spar pamfette uitgedeel.
Hulle het mense wat sonder maskers loop aangespreek en inligting gedeel oor wat Covid-19 is, die simptome verduidelik, soos hoes, seer keel, kort asem, verlies aan reuk en smaak, koors en spierpyn.
Die proses van self-isolasie is ook aan verbygangers verduidelik.
Kyk 'n video hieronder:
•Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'