HEIDELBERG NUUS - Pieter van der Bank, die bekende ystersmid en mesmaker by die Starnation Art Studio in Heidelberg, se kreatiewe vakmanskap is pas met twee toekennings bekroon.
Altesaam 39 lemsmede se vlymskerp, vuurgetemperde messe is op 2 en 3 November tydens die Kaapse Mesklub se tweejaarlikse tentoonstelling by die Tygervallei-winkelsentrum in Kaapstad uitgestal.
“Al die messe móét handgemaak wees en ons gebruik net staal, hout en sintetiese hefmateriaal,” sê Pieter.
Twee van sy sonderlinge messe het die beoordelaars oorrompel en aan hom sertifikate in die ope afdeling vir die beste kombuis- én die beste jagmes besorg.
Die beoordelaars was twee internasionaal-bekroonde mesmakers: Stuart Smith, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse mesmakersgilde én die Amerikaanse lemsmidvereniging, en Des Horn, wat as een van die beste lewende mesmakers ter wêreld beskou word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’