RIVERSDAL NUUS - Die Green Fingers-tuinbouklub het Woensdag 13 Augustus 'n spesiale geleentheid by De Doornkraal Hotel in Langstraat aangebied.
Diederik Geldenhuys, 'n bekende inwoner van die streek en vertroud met die verfraaiing van talle troues en funksies, het die lede verryk met sy unieke uitkyk op blomkuns.
Sy tema, Tower met blomstele, het 'n kreatiewe en inspirerende sessie gebied wat die gewone in iets besonders omskep het.
Volgens Geldenhuys is dit sy liefde vir die natuur, veral inheemse plante, wat sy werk dryf. "Dit laat jou gees vry sweef in 'n andersoortige wêreld," sê hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’