HEIDELBERG NUUS - Twee twaalfjarige skooldogters spog vanjaar met die beste kinderkuns by die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees op Heidelberg.
Die algehele wenner is Robyn Minnie van Albertinia en die naaswenner Leané van Rensburg van Heidelberg.
Die ander drie wenners is Deniquin Esau van Riversdal, Ju-Ann Kannemeyer van Gouritsmond en Mia van der Merwe van Stilbaai.
Daar was vanjaar 187 inskrywings. Al die werke word by Heidelberg se biblioteek uitgestal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’