Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die tragiese dood van Nicolin Davids (26) is Dinsdag, 27 Oktober herdenk na hy presies ‘n jaar gelede onder raaiselagtige omstandighede gesterf het.
Dit word beweer dat ‘n polisie swaarvoertuig oor hom gery het.
Nagenoeg 50 inwoners, wat onder andere sy ouers, Esmeralda en Hendrik Liebenberg, ander familielede en vriende ingesluit het, het ‘n kranslegging op die veld gaan doen waar sy liggaam gevind is.
Ter afsluiting van die kranslegging het die aanwesiges ballonne vrygelaat, waarna hulle na die polisiestasie gegaan het en op kaptein Mervyn Zana se afdanking aangedring het.
Kyk 'n video hieronder.
* Video verskaf
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'