RIVERSDAL NUUS - Tydens Hoërskool Langenhoven se erkennings- en prysuitdelingaand is onder andere die nuutverkose verteenwoordigende raad vir volgende jaar is aangewys.
Andrie Swart (gr. 12) is as sportvrou van die jaar aangewys. Sy het SWD vir tweekamp verwerf en is in die o.18A-Edenspan vir hokkie opgeneem. Sy ontvang die beker vir beste senior hokkiespeler en die Goossen van der Merwe-trofee vir beste prestasie in sport en akademie.
Sy is kaptein van die eerste hokkiespan en is ook in die skool se atletiek- en swemspan.
Sy ontvang ook diplomas vir Afrikaans huistaal, besigheidstudies, lewensoriëntering, rekeningkunde en wiskunde en het ’n gemiddelde akademiese prestasie van 75,0% (halfkleure).
Die skool bedank Anton en Adrie Swart (Hessequa Abattoir & JC Slagtery), ’n jare lange borg wat met baie fondsinsamelingsgeleenthede gehelp het.
Agter, van links: Duan Marshall, Elizmarie Solomon, Elkie van Wyk, Dine-Mari du Preez, Anja du Toit en Sean Stroebel (gr. 12). Derde ry: Rowin de Jager, Yowan Erasmus, Caylin Evertse en Suria Denmeka (gr. 11). Tweede ry: Daniel Janse van Rensburg, Jana van den Berg, Monique Uys en Lourens van Vuuren (gr. 10). Voor: Rosa van Zyl, Wena Pienaar, Christiaan Schabort en Reinhardt Nel (gr. 9).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'