HESSEQUA NUUS - Die vlak van die Duivenhoksdam het die afgelope week met meer as 11% gestyg en staan nou, soos die Korentepoortdam op 100,6%.
Die Jongensfonteindam is ook boordens toe vol op 100%, maar Olive Grove het met 5% gesak tot 90%.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
15 April
- Korentepoortdam - 100,5%
- Duivenhoksdam - 89,5%
- Olive Grove 95%
- Jongensfonteindam -100%
22 April
- Korentepoortdam - 100,6%
- Duivenhoksdam - 100,6%
- Olive Grove - 90%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’