RIVERSDAL NUUS - 'n Buitelander wat dagga stilletjies in Riversdal wou insmokkel, het sy rieme styfgeloop teen die lang arm van die gereg.
Sersant Jacobus Spangenberg van Langeberg se K9-eenheid en 'n buurtwaglid Niklaas Olckers het die verdagte verlede Saterdag 7 Januarie omstreeks 14:30 op die N2 net buite Riversdal met ses sakke dagga in sy motor se kattebak vasgetrek.
Die verdagte beweer hy het net die dagga in Riversdal kom aflewer.
Die waarde van die dagga, wat saam ses kilogram weeg, word op R9000 geraam.
Die verdagte het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuuste Riversdal, Hessequa nuus'