HESSEQUA NUUS - Gerald Boezak, nuutverkose Hessequa-wyksraadslid vir wyk 4 wat Slangrivier, ’n gedeelte van Heidelberg, asook Vondeling en Witsand insluit, is daarvan oortuig dat die DA die oplossing vir Hessequa, asook die land se toekoms is.
Volgens Boezak het hy voorheen dit nie belangrik geag om te stem nie, en is dié tussenverkiesing die eerste keer dat hy sy stem uitbring.
“Ek het soos baie ander jongmense my nie aan die politiek van die dag gesteur nie, maar het tot die besef gekom dat ons as jongmense tog ’n belangrike rol het om te vervul as ons ’n voorspoedige toekoms vir ons demokrasie daar wil stel.”
Hy nooi al die inwoners in die wyk wat sy dienste benodig, om nie te huiwer om hom te kontak nie.
Hy kan by 076 899 0904 bereik word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'