HESSEQUA NUUS - Kommer heers oor stygende Covid-19-gevalle in Hessequa, sowel as Kannaland.
Die Tuinroete se Covid-19-distrikskoördineringsforum het op Donderdag, 14 Januarie sy kommer hieroor uitgespreek.
Die forum was dit eens dat die pandemie 'n afname toon by van die munisipaliteite in die Tuinroete, maar binne Hessequa kan 'n toename waargeneem word.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het gesê Hessequa se getalle styg steeds en is hy besorgd dat die inwoners van Hessequa onder die indruk verkeer dat die hele Tuinroete-distrik se getalle 'n afname toon. "Die koronavirus is 'n werklikheid wat ons nie kan ignoreer nie."
Die toename in Covid-19-gevalle binne die Hessequa-streek kan gesien word in 'n vergelyking tussen positiewe gevalle soos op 11 Desember en 18 Januarie.
Die toename is soos volg:
Albertinia - 172, 318; Heidelberg - 142, 314; Riversdal - 223, 694; Melkhoutfontein -18, 129; Slangrivier -26, 42; Stilbaai - 51, 184; Gouritsmond - 0, 8 en Witsand 0, 15.
Binne die Hessequa-streek is 117 mense tot en met 18 Januarie sedert die ontstaan van die pandemie aan Covid-19 verwante gevalle dood, terwyl 1 704 genees is.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'