HEIDELBERG NUUS - Corbin Swartbooi, een van dié dorp se spogprodukte in beide rugby en krieket, het die afgelope naweek in George asook op sy tuisveld met die kolf vir Heidelberg United-krieketklub uitgeblink.
Swartbooi wat as “Bling” bekend is, het Saterdag in hul wegwedstryd teen George-krieketklub op Rooirivierrif 71 lopies vanaf 51 balle wat 10 viere en 2 sesse ingesluit het, aangeteken.
In hul laaste wedstryd Sondag tuis teen NMU-krieketklub het hy dit verder geneem en 190 lopies vanaf 119 balle wat 25 viere en 12 sesse ingesluit het, gemoker.
Met die totaal is hy die nuwe rekordhouer by United vir die kolwer wat die meeste lopies in ’n wedstryd in enige formaat aangeteken het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’