HESSEQUA NUUS - Niemand kon voorsien hoe Covid-19 gemeenskappe gaan beïnvloed nie. Skielik was daar vir baie gesinne weinig of geen inkomste nie.
“Mense het nie besef dat dit so lank sal duur en wat die omvang, veral finansieel gaan wees nie,” sê Sandra Lots, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS).
“Ons as ‘n vrywillige gemeenskapsgedrewe organisasie wil uitreik en die gemeenskap help. Mense wat diere het en nie sterilisasie- en veeartskostes kan bekostig nie, kan by ons aansoek doen om dit wel teen ‘n fooi te laat doen.”
Die eerste sterilisasiekliniek vind op 17 Junie op Stilbaai plaas. Kontak of vir Robyn (082 922 3619), Sandra (082 962 1831) of Shanine (071 326 1670).
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'