MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die massasterilisasie vir honde en katte wat Vrydag 7 Februarie in Melkhoutfontein gehou is, is goed deur die gemeenskap ondersteun.
Meer as 50 diere is geopereer en daarna met groot sorg deur vrywilligers van CARS en Still Bay Animal Protection verpleeg.
Sandra Lotz van CARS bedank elkeen wat tot die projek bygedra het.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'