Update
TUINROETE NUUS - 'n Man wat net na middernag (13 Junie) na bewering 'n gryskleurige Cadillac in Marshstraat, Mosselbaai gesteel het, is deur lede van provinsiale verkeer op die N2 agternagesit.
Volgens sers. Ciska Badenhorst, polisiewoordvoerder van Albertinia-polisie, het die verdagte na 'n jaagtog eindelik by die Albertinia Engen-vulstasie beheer verloor.
Die voertuig het deur die heining gebars en teen 'n Wendy-huis tot stilstand gekom.
Hy is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal van voertuig. Sover bekend het hy geen beserings opgedoen nie.
Hy het in die week in Mosselbaai-landdroshof vir borgtogaansoek verskyn. Die uitslag was teen druktyd nie bekend nie.
'Ons bring jou di enuutste Tuinroete nuus'