RIVERSDAL NUUS - Riversdal-polisie se Sektor 1 vra alle belangstellendes in die Panorama-uitbreiding (Qwa-Qwa) om hulle beskikbaar te stel vir ’n buurtwag in die area.
Belangstellendes moet bewus wees dat vingerafdrukke geneem sal word om hul kriminele rekord na te gaan.
Hulle mag ook nie voorheen by gesinsgeweld betrokke gewees het nie en moet goeie gesondheid handhaaf.
Riversdal het ’n geregistreerde gemeenskapspolisiëringsforum, waaronder buurtwagte val, sodat hulle uniforms en ander toebehore kan bekom.
Skakel ao. Busch by 082 522 2707 vir meer inligting of om aan te sluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’