Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - ’n Brand wat ongeveer 11:20 by 'n huis in Joe Slovo Park, Heidelberg se agterplaas uitgebreek het, is genadiglik geblus voor dit die huis self bereik het.
Bure en ander inwoners het die vuur met hul emmers probeer blus. Die brandweer was vinnig op die toneel.
Dit was duidelik dat niemand hulle aan die inperkings-regulasies soos vereis deur Covid-19, gesteur het nie en daar was min sprake van maskers of enige sosiale afstand tussen hulle.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Meer inligting volg sodra bekend.
Kyk 'n video hieronder:
Inwoners het die vuur met emmers probeer blus.
Inwoners stroom na die toneel.
Die brand is geblus voor dit die huis bereik het.
Die brandweer was vinnig op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'