HESSEQUA NUUS - Bome op sypaadjies is die verantwoordelikheid van die Hessequa-munisipaliteit en inwoners mag nie bome afsny of plant sonder dat toestemming van die munisipaliteit verkry is nie.
Indien inwoners bome wil plant, moet hul seker maak dat die boom:
• Inheems is;
• ? Penwortelstelsel het;
• Waterwys is;
• Verkieslik immergroen is.
Die kriteria om te kwalifiseer vir die afmaak van bome is as volg (vooraf goedkeuring deur die munisipaliteit en/of departement van landbou, bosbou & visserye is uiters belangrik):
1. Boom is siek/dood.
2. Indringer boom.
3. Beskadig eiendom of infrastruktuur.
4. Nie tot voordeel van omgewing nie.
Beskermde bome mag slegs gesnoei/afgemaak word indien ? goedgekeurde permit uitgereik is deur die departement van landbou, bosbou en visserye.
Oortreders sal beboet word.
Inwoners kan die munisipaliteit vir enige navrae of aansoeke by 028 713 8000 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’