STILBAAI NUUS - Die vyfde Stilbaai-boekefees is 'n maand weg en kaartjies word reeds deur boekefeesentoesiaste opgeraap.
Soos dit nou al gewoonte is, is die Vrydagaand se robuuste boekefeesdebat 'n groot trekpleister en vanjaar is geen uitsondering nie.
Gespreksleier Waldimar Pelser gaan met joernaliste Qaanitah Hunter en Lourensa Eckard, asook die politieke kommentator dr. Piet Croucamp gesels oor sake van die dag.
Met Suid-Aftrika wat voorberei vir munisipale verkiesings later vanjaar en die woelinge in die Midde-Ooste is daar heelwat stof tot nadenke en veral die wêreldpolitiek is tans op 'n mespunt.
Hierdie gesprek Vrydagaand, 27 Februarie, om 18:00 in die Stilbaai-gemeenskapsaal behoort dus heel bo op jou wenslysie vir die boekefees te wees wanneer jy jou kaartjies koop. Indien jy dit nog nie gedoen het nie is kaartjies beskikbaar by Quicket.co.za (of kontant by Blomstories oorkant Namo).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’