HEIDELBERG NUUS - Die teater-aanbod vanjaar sluit ? drama, komedie en ? plekspesifieke produksie in.
Die legendariese aktrise Antoinette Kellerman se produksie Teen wil en dank het die gehoor onverwags verras, meegesleur, laat lag, laat huil, geboei, laat peins – en selfs geskok.
Hieroor sê die teatermaker en kunskritikus Wim Voster: “Met dié produksie bied Antoinette Kellerman ? blik op haar veelsydigheid met monoloë van ? aantal karakters wat sy oor die jare vertolk het. Kellerman is steeds dinamies en bied met haar vertoning stof tot nadenke.
"Kortom: sy voldoen binne ? uur aan al die vereistes en fasette van teater. Brava!”
Die staande applous was oorweldigend.
Dit is ? KKNK-produksie wat met die Johan Brink-trust moontlik gemaak is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’