Die doel van die besoek was om die nakoming van relevante water en omgewingswetgewing na te gaan.
Nege uit die tien melkplase geleë in Riversdal en Heidelberg het deel uitgemaak van die besoek. Malusi Rayi, media woordvoerder; departement waterwese en sanitasie bevestig dat 'n volledige verslag rakende die besoek op 'n latere stadium vrygestel sal word.
Wat wel vasgestel is tydens die besoek is dat meeste van die melkplase nie geregistreer is of magtiging het in terme van die waterwet van 1998 (wet 36 van 1998) vir afvalverwante water-aktiwiteite nie. Die departement gebruik dié monitering om te verseker dat die voorgeskrewe waterstandaarde en regulasies word geïmplementeer, asook gerespekteer. Die publiek word gemaan om as waghonde op te tree en enige insidente van besoedeling en verontagsaming van waterwetgewing aan te meld. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
*IN SHORT
The Blue Scorpions and various officials of the Department Water Affairs and Sanitation and Environmental Affairs arrived in Hessequa on Wednesday 3 July as part of a compliance monitoring and enforcement operation. The key objective of the operation was to assess levels of compliance by dairy farms, when it comes to water and relevant environmental legislation. It was established that most of the dairy farms are not registered nor authorised in terms of the National Water Act, 1998 ( Act 36 of 1998) for waste related water use activities. Through Compliance Monitoring and Enforcement programme, the Department of Water and Sanitation aims to ensure that the prescribed standards and regulations based on the water and environmental laws are implemented and adhered to.
Water word getoets in die Palmietrivier. Sabc televisie se kameraspan staan by om alles op film vas te lê.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'