HESSEQUA NUUS - Nege en dertig gereelde skenkers en drie nuwe skenkers het Donderdag 12 Mei by die ouditorium aangemeld om bloed te skenk en sodoende iemand se lewe te help red.
Volgens Marike Gevers, openbare betrekkinge bestuurder by Wes-Kaap Bloeddiens is daar tans 'n kritieke tekort in talle bloedgroepe.
"Ons het 'n een-dag voorraad oor vir O-bloedgroepe en 'n twee-dag vir B- en A-bloedgroepe."
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk en sodoende help om dag zero te voorkom.
Die volgende bloedskenkklinieke:
- 24 Mei: Albertinia stadsaal vanaf 14:00 - 18:00
- 2 Junie: Riversdal burger-sentrum vanaf 14:00 - 18:45
- 23 Junie: Stilbaai-gemeen-skapsaal vanaf 12:00 - 15:00.
Indien jy met Covid-19 gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaapse Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'