Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Talle bloedskenkers in Riversdal het die Wes-Kaapse Bloedskenkdiens met noodsaaklike eenhede bloed ondersteun.
Die bloedskenkdiens het Donderdag, 17 Desember die Riversdal-burgersentrum as 'n lokaal ingerig om bloed te gaan skenk. Onder leiding van suster Marisa de Jager is die sentrum volgens Covid-19-regulasies voorberei.
De Jager en haar personeel het aan alle skenkers 'n geskenkpakkie uitgedeel.
Dit is onbekend hoeveel eenhede bloed op dié dag geskenk is.
Die Wes-Kaapse Bloedskenkdiens sal op Maandag, 28 Desember by die Stilbaai-munisipalekantore se saal gereed staan met die hoop om nog meer skenkers te lok.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaapse Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319, 507 6320 of 507 6329).
Kyk 'n video hieronder:
Suster Marisa de Jager was in beheer van die bloedbank op Riversdal. Foto's: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'