Breaking News
RIVERSDAL NUUS - Die vinnige optrede van bure het Dinsdagmiddag 29 Oktober verhoed dat ’n gesin van Morestond in Riversdal meer as net hul besittings verloor.
’n Kleuter wat vir enkele minute onder sy ma se toesig uit was, het per ongeluk die huis aan die brand gesteek.
Die bure het die vlamme gesien en met tuinslange die brand begin blus terwyl hulle vir die brandweer gewag het. Die kind is ongedeerd.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'