Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - By die blinde instituut, Kaleidoskoop op Worcester is die inwoners se lewens nie vir een oomblik donker of somber nie, maar kleurvol en reël hul gereeld geleenthede waar almal lekker saam kan kuier.
‘n Groepie musikante van die Hessequa-streek, Kallien Louw (sang), Nelius Franken (banjo), Chris van Schalkwyk (kitaar) en ook Suid-Kaap Forum se Heidelberg korrespondent, Aletta Sutherland (konsertina) het Saterdag 28 Oktober die instituut besoek vir ‘n musiekbederf tydens hul kwartaallikse huisbraai.
Sakkie en Susan Jacobs, asook Rida Franken het gesorg dat die braaivleiskole betyds gereed is om ‘n sappige vleisie te braai (soos dit by ‘n lekker opskop hoort).
By hierdie instituut is nie net blindes nie, maar ook mense met verskeie spesiale behoeftes van oud tot jonk en dit is juis wat hierdie plek so uniek en kleurvol maak.
Inwoners stroom in by die eet saal om saam te sing of te dans.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Worcester, Hessequa nuus'