Om hierdie probleem te begin aanspreek het die departement maatskaplike ontwikkeling het op Saterdag, 3 November 2012 'n dwelm bewusmakingsprogram aangebied vir jongmense en hul ouers.
Mnr. William Austin en konst. Mc Intosh van Albertinia polisie het as gassprekers opgetree en die ouers en jeug toegespreek rondom die gevare van alkohol- en dwelmmisbruik, misdaadvoorkoming en toekomsbeplanning.

Ouers en jeug luister aandagtig na mnr. Du Toit.

Links staan mnr. Deon Du Toit, proefbeampte en mnr. William Austin (sittende), gasspreker, en regs staan konst. Mc Intosh en mnr. Lesley Hartnick, sittende staan by 'n groep jongmense na afloop van die program.