HEIDELBERG NUUS - Die beste kunswerke van die kinderkunskompetisie, wat as deel van Hessequa Harmonie vir leerders uit Hessequa aangebied is, sal van Dinsdag 19 September tot Vrydag 22 September in Heidelberg se dorpsbiblioteek ten toon gestel word.
Die tema van die kinderkunskompetisie was "Hou die pot aan die kook."
Die Hessequa Harmonie begin ook aanstaande Dinsdag op dié dorp en duur tot Vrydag 22 September.
Een van die kunswerke waaruit die wenners van die Hessequa-kinderkunskompetisie aangewys sal word. Dit is die werk van Ju-Anne Kannemeyer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’