STILBAAI NUUS - Die vonke het behoorlik gespat toe die leerders van Bertie Barnard, Donderdag 25 September, hulle kaskar vernuf beproef het.
Daar was twee bane op die skoolterrein uitgelê, want die laer grade moes darem 'n kleiner baan hê as die groter kinders.
Die doel was om soveel as moontlik rondes in 'n spesifieke tyd in vier identiese kaskarre te voltooi.
Die arme kaskarre het dit behoorlik ontgeld en twee van hulle moes noodherstelwerk ontvang.
Aangesien daar groot pryse vir die wenners was wou die organiseerders nie kanse vat nie en die wenners is eers tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms aangekondig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’