STILBAAI NUUS - Die finale wedstryde in die eerste PRET damesliga netbaltoernooi van 2025 het Woensdagaand 12 Maart plaasgevind.
In die eerste wedstryd tussen High Hoops en Seagulls, om te bepaal wie derde eindig, het High Hoops daarin geslaag om met 'n telling van 10 - 9 deur te skuur.
In 'n baie spannende wedstryd wat tot op die einde in die weegskaal gehang het, het Thunder Sisters vir Berties met 12 - 11 geklop om sodoende as kampioene gekroon te word.
In albei wedstryde het die pret tema goed deurgekom en dit was duidelik dat die spelers hulle gate uit geniet.
Sommiges het selfs gevra dat daar nog wedstryde gespeel word, maar die skole netbal begin in die tweede kwartaal en dan gaan die bane 'n probleem wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’