JONGENSFONTEIN NUUS - ‘n Beloning word aangebied vir ‘n string pêrels wat verlore geraak het.
Volgens Helene Lourens van Oudtshoorn het sy saam met familie vanaf 18 April tot 2 Mei in dié kusdorpie vakansie gehou toe die pêrels uit haar handsak moes geval het.
Sy het die pêrels van haar oorlede man op haar 50ste verjaarsdag gekry.
“Ons was ook op Stilbaai en kon dit ook daar uitgeval het,” verduidelik sy.
Die pêrels is van groot sentimentele waarde en sal sy die hoog op prys stel indien iemand dit dalk opgetel het.
Kontak Lourens by 082 381 6288.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'