HESSEQUA NUUS - Dit is met skok dat die Hessequa-gemeenskap van Liesel Kasselman (52) se afsterwe op Sondag, 7 Maart as gevolg van Covid-19 verneem het.
Liesel is in Caledon gebore, het by Paarl Girls High matrikuleer en aan die Universiteit Stellenbosch BRek studeer (HOD).
Sy is op 11 Desember 1992 met Kassie getroud en uit die huwelik is twee seuns gebore.
Haar aanlyn-troosdiens vind Vrydag, 12 Maart om 14:00 plaas.
Die aanlynskakel sal op Kasselshoop Cheese se sosiale media geplaas word.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'