Daar is besluit om so elke twee maande 'n spesiale Vrouedag te reël en die dames van die omgewing te nooi. Sprekers word uitgenooi met die oog daarop om die dames wat hierdie geleenthede bywoon geestelike te voed en die wonderlike waarhede van onse Vader God te deel.
Elke vrou stap daaruit met die kennis en wete God het haar lief net soos sy is en Hy het 'n plan vir haar lewe.
Met die eerste byeenkoms wat in Junie 2012 plaasgevind het was daar 27 dames teenwoordig. Dit het gegroei na 80 dames wat teenwoordig was met die derde byeenkoms in September. Vir die laaste byeenkoms vir 2012 vertrou ons die Here vir 200 dames. Dit sal plaasvind op 27 November 2012 te Albertinia Stadsaal.
Die spreker by hierdie byeenkoms is Henk Barnard en hy praat oor die Vader Hart van God. Carol O`Neil lewer haar getuienis waarin sy getuig en vertel hoe sy as 'n klein dogtertjie gemolesteer en verkrag is deur haar eie pa.
Laasjaar is sy aangeval in haar huis en daar verkrag deur 'n vreemdeling en hoe sy haarself begin sny het. Sy het sonder die Here groot geword en hoe God basies 'n maand terug in haar lewe ingegryp het en haar omstandighede verander het toe sy besluit het om die finale sny te doen.

Vroue van die groepie - Beautiful Women.