Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n Bakkie wat op ‘n leë erf teen ‘n hoogte aan die oostekant van Hoofweg-Oos geparkeer was, het Woensdagoggend 28 November onverwags aan die loop gegaan en in die Goukourivier beland.
“Die bakkie behoort aan ‘n bouer van Melkhoutfontein, Gert Kleinhans," het kapt. Johan van Tonder, Stilbaai-polisie stasiebevelvoerder gesê.
"Die handrem was vermoedelik nie goed vasgetrek nie,”
Niemand was in die bakkie ten tye van die voorval nie en niemand is beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'