STILBAAI NUUS - Maandag 5 September was nie blou vir Badisa nie.
Vrolikheid en dankbaarheid was aan die orde van die dag toe hierdie organisasie lentedag gevier en hul algemene jaarvergadering by Ouma Lena se Huis gehou het.
Badisa Stilbaai is die enigste welsynsorganisasie wat ‘n welsynsdiens aan kinders en gesinne in die groter Stilbaai omgewing bied.
Hulp wat hierdie organisasie kan ondersteun om ook voortaan suksesvol te wees in die strewe daarna om ‘n naaste te wees vir almal in nood is essensieël.
Skakel gerus die Badisa kantoor by 028 754 2203.
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'