'n Inskrywing op die ANC Facebook bladsy, 'Hessequa Newshighlights' van 6 Mei is aan die koerant gestuur vir dringende aandag. In dié inskrywing word ANC wyksraadslid, Chris Taute aangehaal waar hy na bewering die munisipale bestuurder van Hessequa, Johan Jacobs gekonfronteer het met die bewerings van korrupsie.
Taute het glo 'n skriftelike verslag aangevra van Jacobs oor die voorval en het gespesifiseer dat die verslag moet noem hoeveel oortyd, brandstof en kilometers afgelê is tydens die beweerde onwettige optrede. Daar word verder genoem dat dit ironies is aangesien arm mense, wanneer hulle begrawe word, amptenare moet oortyd betaal as hulle 'n lykstoet oor die N2 moet begelei. Daar word ten slotte beweer dat hierdie voorval nog 'n bewys is van die DA se misbruik van munisipale belastingbetalersgeld vir eie politieke gewin.
ANC reageer
Ivan Mangaliso, voorsitter van die Hessequa ANC het per navraag as volg op die bewerings gereageer: "As the ANC we are appalled at the abuse of taxpayers monies and State recourses by the DA Municipality to pursue Party Political agendas, but cannot assist the poorest of the poorest in our communities. The Hessequa voters are not blind to this reality of atrocities and injustices against them and have shown through their overwhelming vote against the DA that they will in 2016 vote for the Party that has their genuine interest at heart. We want a thorough investigation in this matter and the perpetrators be disciplined as speedily as possible. The reaction of the Municipality in this matter will be a clear yardstick of how serious they really are to deal with corruption, even amongst their own".
Hessequa ontken korrupsie
Met navraag rakende die bewering het Jacobs bevestig dat die DA se opgtog na Garcia nie onwettig was soos beweer word nie, aangesien die party die nodige protokol gevolg het en toestemming vanaf Hessequa munisipaliteit daarvoor verkry het. Hy verduidelik dat die raad se verordening voorsiening maak vir die prosedure wat alle persone moet volg wanneer optogte gehou word. "Die aansoek vir die motor-optog op 6 Mei was volgens die verordening ontvang en het die 'driehoek vergadering' tussen die rolspelers plaasgevind naamlik die aansoeker (die DA), die plaaslike polisie en die Hessequa verkeersafdeling waar die optog goedgekeur is". Volgens Jacobs het die Hessequa verkeersafdeling slegs 'n rol om verkeersveiligheid te verseker.
Kriminele klag aanhangig gemaak
Rdl. Fred Carelse van die Civic Independent Party (CI) en ook 'n Uitvoerende Burgemeetser Komitee lid (UBK) het 'n kriminele klag teen die ANC gelê by Albertinia polisie. Konst. Jantjies ondersoek die klag in terme van die 'Wet op byeenkomste en betogings' en het Albertinia polisie bevestig dat 'n krimenele klag aanhangig gemaak is. Jacobs het ook by navraag bevestig dat daar geen aansoeke ontvang is vir die optogte van die ANC op 9 Mei in Riversdal en 10 Mei in Albertinia nie.
DA stel hul kant
Andrew Stroebel, voorsitter van die DA het kortliks op die bewering van die ANC gereageer deur te noem dat die DA wel die regulasies ten opsigte van die hou van optogte/motoroptogte presies nagekom het en ook wel die 'driehoekvergadering tussen die verkeersafdeling, polisie en aansoeker (DA), bygewoon het, soos vereis word. "Die onwettigheid was beslis nie aan die DA se kant nie".
ANC lede tydens die optog deur Riversdal se strate.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'